Stel 'n Erediens Op

Skep Jou Eerste Diens

  1. Teken aan by Admin en klik op "Dienste"
  2. Klik op "Voeg dienstyd by"

  1. Kies die tyd en datum van die diens.
  1. Indien beskikbaar, kies 'n herhalingstydperk
  2. Klik "Stoor"

Voeg Inhoud By 'n Diens

  1. Soek die diens waarby jy iets wil voeg of wysig en kies "Voeg inhoud by".

  1. Voeg die besonderhede van die diens by:
    1. Titel van diens
    2. Tydsduur: kies die duurte van die diens.
    3. Openbare klets: Kies om openbare klets aan of af te skakel. Kies hoeveel minute voor die aanvang van die diens, die klets moet begin.
  2. Kies die videotipe en sluit die ingebedde kode of URL van jou stroomverskaffer hier in. As jy nie 'n regstreekste stroomverskaffer het nie, kan jy een kies uit hierdie lys van 'n paar wat ons aanbeveel. Kies die video se begintyd.
    1. Ingebedde Kode: Kies "Ingebedde Kode" vir regstreekse stroom; Vimeo Live ens. Kopieer en plak jou stroomverskaffer se ingebedde kode.
    2. URL: Kies "URL" vir 'n nagebootse regstreekse diens met YouTube, Vimeo, Wistia, ens.
Die "Church Online" platform sal jou stroomverskaffer se speler, inhoud en nog meer intrek. Alle videofunksionering kom van jou stroomverskaffer af.
  1. Voeg Oomblikke by wat op jou huidige diens van toepassing is. Kies of Oomblikke outomaties gepos moet word of nie.
  2. Notas is tydens die diens vir kykers beskikbaar. Dit begin met die aanvangs van die diens.
  3. Gasheerinligting is spesiale notas was slegs die gashere kan sien wanneer hulle in die Gasheer-aansig is. Dit is 'n uitstekende plek om wenke vir die klets te plaas, inligting oor die diens te deel of 'n eenvoudige aanmoediging vir jou span te gee.
  4. Met Addisionele Dienste kan jy die inhoud wat jy pas geskep het aan veelvoudige dienste toeken. Jy kan al die dienste kies waaraan jy die inhoud wil toeken en dan op "Stoor" klik.

Indien jy die inhoud wil toeken aan meer dienste as wat vertoon word, kan jy die kalender verander om meer datums beskikbaar te maak.

Kopieer Inhoud Vanaf 'n Vorige Diens

Nadat jy jou eerste diens en inhoud geskep het, kan jy daardie inhoud vir toekomstige dienste dupliseer.

  1. Meld aan by Admin en klik op "Dienste".
  2. Skeduleer toekomstige dienste en dienstye.
  3. Kies die vorige diens waarvan jy die inhoud wil kopieer.
  4. Blaai na onder op die Inhoudblad tot by "Addisionele Dienste".
  5. Kies die dienste wat jy na die huidige diens se inhoud wil kopieer. Indien jy toekomstige dienste wil sien, kan jy die datumkieser gebruik om daarheen te filtreer.

Jy sal nog steeds elke week se inhoud moet opdateer met die URL of ingebedde kode.


How did we do?


Powered by HelpDocs (opens in a new tab)